Read Anywhere and on Any Device!

Subscribe to Read | $0.00

Join today and start reading your favorite books for Free!

Read Anywhere and on Any Device!

  • Download on iOS
  • Download on Android
  • Download on iOS

Vat 5! (5-In-1) - 'n Versameling Van Vyf Van Die Coolste Prenteboeke Vol Mossieneste, Krullebolle En Parmantige Haasmoles

Chris Venter
4/5 ( ratings)
Hierdie 5-in-1 versamelbundel bestaan uit vyf geillustreerde stories van vyf baie bekende skrywers. Die bundel sluit die volgende bekende en geliefde stories in:

Haasmoles - Jaco Jacobs & Maja Sereda
Simon is verveeld. Dit reën al die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op. Twee lang ore verskyn agter sy bed … en nog twee … en nog twee … Dis weer HAASMOLES!

Parmant - Leon de Villiers & Alzette Prins
Parmant stap deur die bos, maar almal karring aan hom. Meerkat wil sy keel kielie, Vlakvark wil sy magie krap en Jakkals wil oor sy skubbe streel. “Nee!” sê Parmant elke keer: “Dit is my lyfie en ek sê: nee, nee, nee!” Sy ma is sommer baie trots op haar dapper seun wat al die diere so op hulle plek sit.

Die coolste ouma op aarde - Marita van der Vyver & Zinelda McDonald
Is jou ouma so cool soos myne? Ontmoet ’n paar fantastiese oumas… Party oumas hou van rockmusiek of kan jou leer boomblim. Ander oumas laat jou die lepel aflek as hulle koek bak of kan seerplekke beter soen. Maar een ding is seker: ’n Regte, egte ouma is altyd hope pret!

Karla Krullebol - Theresa van Baalen & Chris Venter
Karla Kriel met haar krullebol hou glad nie van hare was nie. Sy kam nie graag haar haarbos nie en maak dit ook nooit vas nie. Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks …

Prinses Mossienes - Wendy Maartens & Alida Bothma
Vandat die mossies onder die stoepdak nesmaak, sit Dina elke dag vir hulle en kyk. Sy het die mossies nog nooit sien stry nie. Maar Mamma en Pappa stry deesdae aanmekaar. Daarom steek Dina vere in haar hare en sit ’n kroon op haar kop. Dan is sy nie meer Dina nie. Sy is Prinses Mossienes. En sy vlieg na ’n plek waar alles beter is … ’n Sensitiewe, verbeeldingryke verhaal oor wat gebeur wanneer ouers skei. Die boek bevat ook praktiese wenke vir kinders en ouers om die trauma van ’n egskeiding te hanteer.
Language
Afrikaans
Pages
160
Format
Paperback
Publisher
LAPA Publishers (Pty) Ltd
Release
March 01, 2021
ISBN
0639602282
ISBN 13
9780639602288

More books from Chris Venter

Rate this book!

Write a review?

loader