Read Anywhere and on Any Device!

Subscribe to Read | $0.00

Join today and start reading your favorite books for Free!

Read Anywhere and on Any Device!

  • Download on iOS
  • Download on Android
  • Download on iOS

Handelsryk in die Ooste: Die wereld van die VOC, 1619-1688 (Kolonie aan die Kaap 2)

Karel Schoeman
0/5 ( ratings)
Handelsryk in die Ooste is die tweede deel van ’n vyfdelige reeks oor vroeë blanke vestiging aan die Kaap.
In dié deel beskryf Karel Schoeman die totstandkoming en bestuur van die Verenigde Oost-Indische Compagnie se uitgebreide handelsnetwerk in die gebied van die Indiese Oseaan gedurende die sewentiende eeu. Vir die meeste Suid-Afrikaanse lesers wat maar min kennis van die VOC het, bied hierdie boek besonder baie insigte en word die stigting van die klein verversingspos aan die Kaap die Goeie Hoop in 1652 in konteks geplaas. Dit gee byvoorbeeld aandag aan die groot intra-Asiatiese handelsnetwerk wat selfs voor die koms van die Portugese en Spaanse ontdekkingsreisigers in die gebied bestaan het, aan die wedywering tussen die seevarende moondhede Portugal, Nederland, Engeland en Frankryk om vastrapplek in verskillende Oosterse lande te kry en aan die soms bloedige stryd om monopolieë in die handel met kosbare produkte soos speserye, tekstiel en porselein te verkry.

’n Aantal hoofstukke word gewy aan Batavia, die VOC se administratiewe hoofstad: Vanuit die VOC-kantore is die retoervlote gekoördineer; hiervandaan is verkenningstogte na die binneland onderneem; het die amptenary en ryk handelaars ’n swierige lewenstyl ontwikkel en het kosbare Oosterse meubels en tapyte modieus geword. Ten slotte word ook aandag aan die verskynsel van slawerny en die invloed wat dit gehad het op die koloniale lewe, ook aan die Kaap.
Language
Afrikaans
Pages
351
Format
Hardcover
Release
November 01, 2009
ISBN 13
9781869192709

Rate this book!

Write a review?

loader