Read Anywhere and on Any Device!

Subscribe to Read | $0.00

Join today and start reading your favorite books for Free!

Read Anywhere and on Any Device!

  • Download on iOS
  • Download on Android
  • Download on iOS

Die Blou Van Onthou

Die Blou Van Onthou

Marita van der Vyver
3.9/5 ( ratings)
Vertel vanuit die perspektief van drie opeenvolgende generasies vroue. Hulle lewe in spanning, tussen weggaan en moet bly, en tussen vergeet en móét onthou, omdat onthou die enigste skakel is wat hulle nog met die oerbron van hul bestaan verbind.
Dié skakel in die verhaal word verskaf deur Colette Cronjé, die oudste van die vroue wat as 't ware na die oorsprong teruggedwing word wanneer sy uit die bloute van haar kleindogter, Tina, 'n brief ontvang. Deur dié onverwagse kontak begin Colette onthou, en sy begin vertel, want Tina is op die spoor van die familiegeskiedenis - en onderweg na Portugal, waar alles begin het.

'n Leeftyd lank het Colette dit reggekry om daardie vroeë episode te verdring. Nou word sy gedwing om dit wat sy destyds so jubelend in haar joernaal beskryf het, opnuut in herinnering te roep. Sy word weer gekonfronteer deur Tina se biologiese ma, haar dogter, se desperate verset teen haar herkoms, haar kultuur, die land se politieke bestel. En dit ruk haar terug na die omstandighede wat haar jare gelede alle kontak met haar kleinkind ontneem het. Wanneer haar ouers kort na mekaar sterf, spoor Tina haar bejaarde ouma op en laat haar vertel: Van Portugal. Van haar dogter, Nina, wie se verset so ver gestrek het dat sy haar kind laat aanneem het en alleen oorsee is om te sterf. En die verhaal wat sy hoor, laat Tina besluit om terug te loop op die spore . . . in die hoop om haar herkoms op sy felste te belig.

Die blou van onthou is deels 'n Afrikanergeskiedenis, deels die geskiedenis van 'n bepaalde familie. Marita van der Vyver laat jou vir hierdie familie soveel omgee dat hulle geskiedenis ten slotte voel soos jou eie - deur nuwe oë gesien.
Language
Afrikaans
Pages
370
Format
Paperback
Publisher
Tafelberg Publishers Ltd
Release
October 01, 2012
ISBN
0624055183
ISBN 13
9780624055181

Rate this book!

Write a review?

loader