Read Anywhere and on Any Device!

Subscribe to Read | $0.00

Join today and start reading your favorite books for Free!

Read Anywhere and on Any Device!

  • Download on iOS
  • Download on Android
  • Download on iOS

Die dood en die lewe hierna: 3 boeke in een

Isak Burger
3.5/5 ( ratings)
Die lewe ná die dood is oneindig belangrik – ons gaan die res van ons bestaan daar deurbring. Jou keuse nóú sal bepaal of jy kan uitsien na die wonder van die hemel ... of moet vrees vir die verskrikking van die hel.

Mense is baie ingestel op die lewe hier en nou. Niemand wil regtig oor die dood dink of daaroor praat nie. Maar as ’n geliefde sterf, verander hierdie siening radikaal en wil jy weet wat alles gebeur.

Daar is talle vrae oor die dood, soos ...
■ Is elkeen se sterfdatum vooruitbepaal?
■ Wat gebeur net voor jy jou laaste asem uitblaas?
■ Wat ervaar jy wanneer jy sterf en waar is jy net daarna?
■ Hoe lyk die hel en moet gelowiges bang wees om daar te beland?
■ Hoe sal dit wees om vir ewig by Jesus te wees?
■ Kan mense ná selfdood hemel toe gaan?

Kry antwoorde op baie van jou vrae. Hierdie is jou 3-in-1-gids oor wat met jou gebeur net voor en net na die dood, en hoe dit in die hemel sal wees. Dit is ’n moet-hê vir elke Christen!

"Die dood en die lewe hierna" beskryf met groot verantwoordelikheid wat die Bybel sê ’n gelowige kan verwag tydens die dood en in die lewe daarna. Die boek ontrafel die vele geheime en die misterie van doodgaan, en praat reguit teen onbybelse beskouings.
Isak Burger se wysheid uit die Woord sal jou vrese vervang met sekerhede oor genade wat vir elkeen beskikbaar is. As jy treur oor ’n geliefde wat dood is, sal jy getroos voel en weet: Eendag sien ons mekaar weer.

DR. ISAK BURGER is ’n kerkleier, prediker, gesinsman en veral iemand wat Jesus Christus liefhet en verkondig. Een van sy grootste vreugdes as skrywer is om te hoor hoe mense vrede vind deur sy boeke. Hy skryf met passie omdat hy die hel armer en die hemel ryker wil maak.
Pages
223
Format
Kindle Edition
Publisher
Carpe Diem Media
Release
March 02, 2017

Rate this book!

Write a review?

loader